English Annual Report ►
 
Webtuistekaart ►
 
Aflaai ►
 
 
Oorsig van werksaamhede
 
   
  Tegnologie  
     
 
 
 
Irdeto se inhoudsekuriteits onderneming het sterk groei in beide
omset en kontantvloei behaal. Sowat 10,7 miljoen knapkaarte en sekuriteitskyfies is gedurende die tydperk verskeep.
 
 
Die potensiaal van streekmarkte is erken deur nuwe kantore in Japan, Singapoer, Doebai en Moskou te open. Die gesamentlike hoofkwartier is in Amsterdam en Beijing.

Irdeto het die Franse dekodeerderbedryfstelselmaatskappy IDWay verkry. Die groep se klantesorg- en faktuur onderneming vorm nou deel van Irdeto. ’n Volgende-generasieproduk is onlangs bekend gestel, en so ook ’n volledige oplossing genaamd Irdeto Digital TV SmartStart.

Gevorderde dienslewering is beklemtoon. In vennootskap met OpenTV en Pace het Irdeto hoëdefinisie-PVO aan DigiTurk in Turkye gelewer, en video-op-aanvraag-dienste sal in 2008 toegevoeg word.

In ooreenstemming met sy doelwit om sy sekuriteitsgrondslag te diversifiseer, het Irdeto die Amerikaans-gebaseerde programmatuursekuriteitsfirma, Cloakware, verkry. Hierdie eenheid bied beskermingsprodukte.

Breëbandpenetrasie groei nou sterk in feitlik alle markte. Die groep se eenheid Entriq is goed geplaas en het markaandeel vir sy sekuriteits- en handelsprodukte gewen. Om ’n groter deel van die tegnologiewaardeketting te dek, het die maatskappy Dayport bekom, wat spesialiseer in produksiewerkvloei-, enkodering- en sindikasieprogrammatuur vir uitsaaiers en webuitgewers. Die gekombineerde produkte dek alle aspekte van inhoudskepping tot verbruik.

 
 
 
 
 
 
  Tegnologie      
Terug na bo