English Annual Report ►
 
Webtuistekaart ►
 
Aflaai ►
 
 
Oorsig van werksaamhede
 
   
  Drukmedia
     
 
 
 
Die groep het ’n belang van 30% in Abril, die voorste tydskrif-uitgewer in Brasilië met ’n sirkulasiemarkaandeel van sowat 42% en ’n advertensieaandeel van 59%. Abril het gedurende die verslagtydperk sy betaaltelevisie-verspreidingsdiens, TVA, van die hand gesit. Abril het goed presteer danksy ‘n doeltreffende afleweringsnetwerk en werwingstegnieke.
 
 
Nuwe tydskriftitels soos Gloss, ’n glanstydskrif vir vroue, is bekend gestel. ’n Aantal internetinisiatiewe, wat wissel van webwerwe wat die gedrukte titels ondersteun tot nuwegenerasie-dienste, is ook van stapel gestuur.

Abril was een van die eerste maatskappye in Brasilië wat in die maatskaplike omgewing begin belê het. Die Victor Civita-stigting, wat op die verbetering van elementêre onderrig fokus, borg verskeie onderwyser- en steunprojekte.

Die Naspers-groep hou ook ’n belang van 37% in China se voorste sportuitgewer, Titan Media. Titan bevorder veral die breë belangstelling in sokker in China.

Beijing Media Corporation, waarin die groep ’n klein belang het en wat ’n toonaangewende plaaslike koerant bedryf, het ’n moeiliker jaar agter die rug.

SUID-AFRIKA

Koerante

Ekonomiese toestande in Suid-Afrika het stram geword, maar desondanks is stewige finansiële prestasie oor ’n breë front behaal.

Van die jonger titels het sirkulasiegroei getoon, terwyl die meeste van die volwasse produkte se sirkulasie bestendig was. Die Daily Sun se sirkulasie het tot meer as 513 000 per dag gestyg en sy leserstal tot 4,75 miljoen. Dit is die dagblad wat die wydste gelees word in Suid-Afrika. In die Wes-Kaap het die sirkulasie van die poniedagblad Son tot 97 000 toegeneem.

Die weekblad Soccer Laduuuuuma! het onlangs ’n rekordsirkulasiesyfer van 321 000 behaal. Sunday Sun en City Press, albei Sondagkoerante, het bestendige groei getoon. City Press het vanjaar ook sy 25ste herdenking gevier deur verskeie inisiatiewe onder die vaandel van die Your SA, Our Home, Our Efforts-veldtog bekend te stel. Die veldtog fokus op gemeenskapswaardes en omgewingsaspekte.

’n Gemeenskapstydskrif, My Week, word ontplooi. Weens die verlangsaming in die mark is ’n aantal kleiner titels gestaak.

Media24 se koerantjoernaliste het weer presteer deur verskeie toekennings in te palm.

Tydskrifte

Dit was nie ’n goeie jaar vir tydskrifte nie, soos blyk uit ’n merkbare afname in tydskrifadvertensiesteun. Vooruitskouend is advertensiebegrotings meer konserwatief.



Verbruikers verkeer onder druk, gevolglik is sirkulasievlakke gedemp – selfs in die geval van gevestigde kategorieleiers.

Indrukwekkende sirkulasiegroei is egter aangeteken deur Drum (tot meer as 105 000), Move! (tot bykans 131 000), Cosmopolitan (tot 123 600) waarin ons ’n 50%-belang het, Real (56 000) en National Geographic Kids (39 000). Nuwe titels wat geloods is, sluit in Destiny, Sarie Kos, Huisgenoot Pols/You Pulse en Best Life.

Media24 se fokus het verskuif van nuwe loodsings na die uitbou van tydskrifte wat in vorige jare bekend gestel is. Titels met te min aantrekkingskrag is gestaak.

Media24 se tydskrifte het verskeie kategorieë by die glansryke jaarlikse 2007 Pica-toekenningsgeleentheid ingepalm. Onder die wenners was Weg, Visi en www.fin24.co.za (die tydskrifwebwerf).

 
 
 
 
 
  Drukmedia    
Terug na bo