English Annual Report ►
 
Webtuistekaart ►
 
Aflaai ►
 
 
Oorsig van werksaamhede
 
   
  Betaaltelevisie
     
 
 

AFRIKA SUID VAN DIE SAHARA

MultiChoice in Afrika suid van die Sahara het sterk groei ondervind, ondanks die verlies van sekere regte en die toetrede van mededingers. Die intekenaarbasis het gedurende die jaar met 68 000 huishoudings toegeneem – hoofsaaklik in Nigerië en Angola. Goedkoper boekette – DStv Family en DStv Compact – het 162 000 huishoudings bereik.

Die fokus op groter plaaslike programinhoud op die vasteland is gedurende die afgelope jaar voortgesit. Met die byvoeging van kanale van Kenia en Angola het die totale getal openbare en handelskanale wat deur die DStv-diens gedra word, tot 19 gestyg. M-Net het afson derlike voere vir Oos- en Wes-Afrika, en afsonderlike kanale vir M-Net Series en Channel O ingestel. Die gewilde AfricaMagic is tot ’n 24-uurkanaal uitgebrei. M-Net het ook sy plaaslike- inhoud-portefeulje met die treffers Big Brother Africa, Idols East Africa en Deal or No Deal versterk. ’n Nuwe Nigeriese sepie Tinsel en ’n Oos-Afrikaanse dramareeks is bestel.

SuperSport het die sokkerkanale in Afrika suid van die Sahara by die betrokke markte aangepas. Hy het regte vir die Nigeriese, Keniaanse en Zambiese sokkerligas, asook vir die top drie Angolese spanne, verkry om dekking van Afrika-sokker te verbeter. Die toevoeging van die Spaanse La Liga, Franse en Italiaanse sokkerligas, saam met die klubkanale van Chelsea, Manchester United, Arsenal en Liverpool, het die sokkerpakket verbeter. SuperSport het die Euro 2008-kompetisie uitgesaai en sal die 2010 Fifa Sokkerwêreldbeker uitsaai. Die toetrede van nuwe mededingers op die vasteland het egter kostes laat styg.

162   duisend huishoudings geniet die DStv Family- en DStv Compact-boekette

Nuwe kanale is by die DStv-diens gevoeg – insluitend One Gospel, The Style Network, Trace TV, M-Net Stars, Nat Geo Wild, Sony Entertainment Television, Animax, MagicWorld en Inspirations TV. Op die Portugese boeket is AXN en E! Entertainment bygevoeg.

Korporatiewe maat skaplike beleggings was steeds toegespits op opvoeding. Sowat 350 MultiChoice-hulpbronsentrums het opvoedkundige televisie vir leerders gebied en gehelp om onderwysers op te lei. Hierdie sentrums word in vennootskap met regerings, asook met die nuwe vennootskap vir Afrika-ontwikkeling (Nepad) se e-skole kommissie, bestuur.

Die regulatoriese omgewing in Afrika bly onseker, te midde van veranderings aan bestaande wetgewing en die ontwikkeling van nuwe uitsaaiwetsontwerpe en regulasies in ’n aantal lande. Sommige Afrika-regerings fokus ook nou op digitale migrasie.

350   MultiChoice-hulpbronsentrums verskaf opvoedkundige televisie
 
 
 
 
 
 
  Betaaltelevisie    
Terug na bo