English Annual Report ►
 
Webtuistekaart ►
 
Aflaai ►
 
 
Oorsig van werksaamhede
 
   
  Internet
     
 
Internet  
 
Die groep het onlangs ’n 100%-belang verkry in Tradus, ’n voorste verskaffer van verbruiker-na-verbruiker e-handelplatforms in Sentraal- en Oos-Europa, asook ’n 97%-belang in Gadu-Gadu, ’n toonaangewende kitsboodskapplatform in Pole. In China het Tencent sy leiersposisie in ’n uiters mededingende mark uitgebrei. mail.ru het ook goed gevaar in ’n groeiende Russiese omgewing.
 
 
In Brasilië het die groep begin om sy internet bedrywighede in samewerking met sy plaaslike vennoot Abril uit te brei. In Indië is ’n gesamentlike onderneming met Tencent aangegaan om ’n sosiale netwerkplatform te skep wat produkte soos kitsboodskapdienste, e-pos en aanlynspeletjies by die ibibo-produkte inlyf.

Die groep het ook verdere beleggings aan ge gaan in maatskappye wat internetdienste via selfone lewer. Gedurende die jaar het ons ’n belang in Nimbuzz verkry, wat op kitsboodskappe, mobiele stemoor- internet-protokol (VoIP) en telekommunikasietoe-
passings fokus.

CHINA

Tencent het sy posisie in China versterk deur die groei in sy kitsboodskap-, portaal- en topgehalte diensplatforms. Teen Maart 2008 het die QQ-kitsboodskapplatform 317 miljoen aktiewe gebruiker rekeninge bereik, met 40 miljoen gelyktydige spitstydgebruikers. Tencent se QQ.com-portaal en draadlose diensportale het ook hul produkaanbiedings verbeter en gebruikerverkeer uitgebrei.

Die QQ Game-portaal het tot vier miljoen gelyktydige spitstydgebruikers gegroei.

THAILAND

Sanook! het sy leiersposisie as ’n Thai-portaal versterk en in Maart 2008 gemiddeld
20 miljoen daaglikse bladbesoeke behaal. Die maatskappy het begin om e-handel in Thailand te ontwikkel. Hierbenewens het sy aanlyn-advertensienetwerk uitgebrei. Die doelwit is om omsetstrome verder te verhoog en te diversifiseer.

INDIË

Die 18-maande-oue ibibo-onderneming is een van die mees snelgroeiende Indiese internetbondels wat gebruikers bemagtig om inligting te skep en te deel, en vriende te vind. Daaglikse bladbesoeke het maandeliks toegeneem. Die hoofkantoor is in Gurgaon geleë, met ’n ontwikkelings kantoor in Bangalore en ’n verkoopskantoor in Moembaai. ibibo se fokus is nou om sy geïntegreerde kitsboodskapdienste, e-pos en speletjietoepassings bekend te stel, advertensieverkope uit te brei, en gebruikergegenereerde inhoud te bevorder.
 
Internet
 
 
 
 
 
  Internet    
Terug na bo