English Annual Report ►
 
Webtuistekaart ►
 
Aflaai ►
 
 
Korporatiewe bestuur en volhoubaarheid
   
  Korporatiewe bestuur en volhoubaarheid
     
 

SAKE-ETIEK

Ter ondersteuning van die vereistes van King II het die maatskappy sy sake-etiekbestuursproses binne die groep geformaliseer. Die kode vir sake-etiek vir die groep voldoen aan toepaslike regulatoriese vereistes.

Hierdie kode geld vir alle direkteure en werknemers in die groep. Om toe te sien dat maatskappye in die groep toepaslike prosesse vestig en ’n ondersteunende beleid en prosedures instel, is ’n deurlopende proses. ’n Belangrike fokus is spesifieke beleid en prosedures wat groot etiese risiko’s dek, soos die bestuur van belangebotsings, die aanvaarding van onvanpaste geskenke, ens. Doeltreffende kommunikasie van en opleiding oor die kode vir sake-etiek is ook ’n fokuspunt.

Die mensehulpbronnekomitee is die algehele voog van die sake-etiekbestuursproses en sien toe dat daar aan die groep se kode voldoen word. Die dissiplinêre kodes en prosedures van die verskillende maatskappye in die groep word gebruik om voldoening te verseker aan die beleid en praktyke wat die oorkoepelende kode vir sake-etiek ondersteun. Onetiese gedrag deur senior personeellede, asook die wyse waarop die maatskappy se dissiplinêre kode ten opsigte hiervan toegepas word, word by die mensehulpbronnekomitee aangemeld.

Naspers is daartoe verbind om sy sake met integriteit te bedryf. Hierdie verbintenis is vervat in ons integriteitsketting, wat uitdrukking gee aan die leidende beginsels. Die groep verwag van alle direkteure en werknemers om sy verbintenis tot sake-etiek te deel.

VERGOEDINGSFILOSOFIE

Die vergoedingsbeleid en die uitvoering daarvan is die verantwoordelikheid van die mensehulpbronnekomitee.

Nie-uitvoerende direkteure kry jaarlikse vergoeding in plaas van fooie per vergadering. Dit is ter erkenning van die deurlopende verantwoordelikheid van direkteure vir die doeltreffende beheer van die maatskappy. Hierdie vergoeding word aangevul deur vergoeding vir dienste in die subkomitees van die direksie – asook filiaaldireksies. Die voorsitter van die direksie, asook die voorsitters van die subkomitees, ontvang ’n premie.

Die betrokke vergoeding word jaarliks hersien, met verwysing na mededingers en maatskappye wat ’n dubbelnotering op die JSE en ’n oorsese sekuriteitebeurs het. Onafhanklike advies word ingewin om direkteure se vergoeding te hersien. Hierdie vergoeding is nie aan die maatskappy se aandeelprys of prestasie gekoppel nie. Nie-uitvoerende direkteure kom nie in aanmerking vir deelname aan die groep se aandeelgebaseerde aansporingskemas nie. Die direksie beveel jaarliks die vergoeding van nie-uitvoerende direkteure aan vir goedkeuring deur aandeelhouers.

Wat die vergoeding van uitvoerende hoofde betref, poog die groep om bevoegde en toegewyde leiers te lok, te motiveer en te behou in sy strewe om volhoubare aandeelhouerswaarde te skep. Ons poog om topprestasie te erken en entrepreneurs te kry om die groep verder uit te bou. Die vergoedingsfilosofie vir uitvoerende hoofde probeer hierdie doelstelling bereik. Die beleid fokus dus nie primêr op die gewaarborgde jaarlikse vergoedingspakket nie, maar op individuele aansporingsplanne wat aan die skepping van aandeelhouerswaarde gekoppel is.

Vergoedingspakkette word gemonitor en met gerapporteerde jaarlikse syfers vir vergelykbare poste vergelyk om te verseker dat dit billik is. Uitvoerende hoofde het ’n jaarlikse bonusskema, mits strategiese en bedryfsdoelwitte behaal of oortref word. As langtermynaansporing neem uitvoerende hoofde tipies deel aan aandeelgebaseerde aansporingskemas ten opsigte van Naspers N-aandele en, waar toepaslik, aandele of aandeelwaarderingsregte in hul onderskeie filiale. Hierdie toekennings vestig gewoonlik oor ’n tydperk van vier of vyf jaar.

Die vergoeding vir nie-uitvoerende direkteure vir die afgelope jaar, asook die vergoedingspakkette van uitvoerende direkteure, word op hier van hierdie jaarverslag gepubliseer.

 
 
 
  Korporatiewe bestuur en volhoubaarheid    
Terug na bo