English Annual Report ►
 
Webtuistekaart ►
 
Aflaai ►
 
 
Korporatiewe bestuur en volhoubaarheid
   
  Korporatiewe bestuur en volhoubaarheid
     
 

DIE MAATSKAPPYSEKRETARIS

Die maatskappysekretaris moet aan die direksie leiding gee oor die nakoming van hul verantwoordelikhede kragtens wetgewing en regulatoriese vereistes wat deur die relevante jurisdiksies gestel word.

Die direkteure het onbeperkte toegang tot die advies en dienste van die maatskappysekretaris. Die maatskappysekretaris speel ’n aktiewe rol in die maatskappy se korporatiewe en sake-etiekbestuursproses en verseker dat die verrigtinge en sake van die direktoraat, die maatskappy self en, waar toepaslik, aandeelhouers behoorlik geadministreer word. Hy is ook die maatskappy se openbare beampte, voldoeningsbeampte en gedelegeerde inligtingsbeampte. Die maatskappysekretaris monitor direkteure se verhandelings in sekuriteite en verseker die nakoming van geslote tydperke vir aandeleverhandeling.

 
 
 
 
  Korporatiewe bestuur en volhoubaarheid    
Terug na bo