English Annual Report ►
 
Webtuistekaart ►
 
Aflaai ►
 
 
Die Naspers groep
   
  FinansiŽle oorsig
     
 
 
 
Hierdie oorsig bied die hoogtepunte van die groep se finansiële prestasie gedurende die afgelope jaar. Volledige besonderhede
verskyn in die finansiële jaarstate wat op hier van
hierdie jaarverslag aangebied word.
 
 

OORSIG VAN GROEPRESULTATE

Omset

Die groep het omsetgroei van 19% tot R20,5 miljard aangeteken. Die uitblinker was die internetsegment, met groei van 42%. Die betaaltelevisie-segment het met 22% gestyg – die intekenaarbasis het oor die verslagtydperk met 246 000 vergelykbare intekenare aangegroei.

Bedryfswins

Bedryfswins voor amortisasie en ander winste/verliese het met 15% tot R4,2 miljard gestyg
(2007: R3,7 miljard). Dit sluit R1,1 miljard (2007: R876 miljard) in wat die groep in die ontwikkeling van nuwe tegnologieë, produkte en dienste belê het. Hierdie besteding was laer as wat verwag is weens die stadiger uitbreiding van mobieletelevisie-dienste, wat op die uitreiking van handelslisensies deur die regulatoriese owerhede staatmaak.

Finansieringsinkomste

Netto finansieringsinkomste vir die tydperk het R1,0 miljard bedra, in vergelyking met die netto finansieringskoste van R338 miljoen in die vorige jaar. Dit sluit rente-inkomste van R602 miljoen in wat op netto kontantdeposito’s verdien is. Aangesien die kapitaal wat in Maart 2007 verkry is, eers in die tweede helfte van die huidige boekjaar ontplooi is, sal rente-inkomste in die komende jaar laer wees.

Ekwiteitsverantwoorde resultate

Die groep het in die laaste tyd beduidende minderheidsbelange in ondernemings in ontluikende markte soos China, Brasilië en Rusland verkry. Vir verslagdoeningsdoeleindes is hierdie belange ekwiteitsverantwoord en word hulle nie by die segmentele resultate in die finansiële oorsig ingesluit nie. Tencent, Abril en mail.ru het almal verblydende groei aangeteken, soos blyk uit die verhoging in ons deel van verdienste uit ekwiteitsverantwoorde geassosieerde maatskappye, met 93% tot R654 miljoen.

Die waardedaling in ekwiteitsverantwoorde beleggings hou merendeels verband met ons belegging in Beijing Media Corporation Limited en Titan Media. Hoewel ons positief is oor die vooruitsigte van hierdie beleggings, glo ons dat dit wys is om ’n waardedaling aan te teken.

Beëindigde bedrywighede

Die beëindigde bedrywighede hou verband met die privateonderwys-onderneming, wat verkoop is en dit het ook betrekking op die betaaltelevisie-bedrywighede in Griekeland en Ciprus, waar verkoopooreenkomste aangegaan is wat hopelik later vanjaar afgehandel sal word.
 
 
 
  Finansiële oorsig    
Terug na bo