English Annual Report ►
 
Webtuistekaart ►
 
Aflaai ►
 
 
Gekonsolideerde en maatskappy finansiële jaarstate
   
  Verklaring van verantwoordelikheid deur die direksie
vir die jaar geëindig 31 Maart 2008
 
     
 
Die finansiële jaarstate van die groep en die maatskappy is die verantwoordelikheid van die direkteure van Naspers Beperk. In die nakoming van hierdie verantwoordelikheid steun hulle op die bestuur van die groep om die finansiële jaarstate op hier in ooreenstemming met Internasionale Finansiële Rapporteringstandaarde en die Suid-Afrikaanse Maatskappywet voor te berei. As sodanig sluit die finansiële jaarstate bedrae in wat op beoordelings berus, asook ramings wat deur bestuur gemaak is. Die inligting word volledig en op 'n verantwoordelike wyse weergegee.

Die direkteure aanvaar verantwoordelikheid vir die voorbereiding, integriteit en die billike aanbieding van die finansiële jaarstate, en oordeel dat die stelsels en interne finansiële beheermaatreëls wat deur bestuur ingestel is, doeltreffend is.

Op grond van ramings en beskikbare kontantbronne het die direkteure geen rede om te glo dat die maatskappy en die groep binne die afsienbare toekoms nie 'n lopende saak sal wees nie. Die lewensvatbaarheid van die groep en die maatskappy word deur die finansiële jaarstate ondersteun.

Die finansiële jaarstate is deur die onafhanklike ouditeursfirma, PricewaterhouseCoopers Ing., geouditeer, aan wie onbeperkte toegang tot alle finansiële rekords en verwante data, insluitende notules van alle vergaderings van aandeelhouers, die direksie en komitees van die direksie, verleen is. Die direkteure is van mening dat alle bestuursverklarings wat tydens die oudit aan die onafhanklike ouditeure gerig is, geldig en toepaslik was. PricewaterhouseCoopers Ing. se ouditverslag verskyn op hier.

Die finansiële jaarstate is op 20 Junie 2008 deur die direksie goedgekeur en namens hulle onderteken deur:

 
T Vosloo
T Vosloo

Voorsitter
S J Z Pacak
S J Z Pacak

Uitvoerende direkteur
 
 
  Verklaring van verantwoordelikheid deur die direksie      
Terug na bo