| Korporatiewe bestuur en volhoubaarheid |
|
|
|
|
 |
|
Direktoraat |
|
|
|
|
| |
 |
|
 |
 |
|
TON VOSLOO
Ton Vosloo is in 1984 as besturende direkteur van Naspers Beperk aangestel en is sedert 1997 nie-uitvoerende voorsitter. Hy was van 1956 tot 1983 as ’n joernalis werksaam en van 1977 tot 1983 die redakteur van Beeld. Hy is ’n direkteur van Media24 en MultiChoice Suid-Afrika Beherend en voorsitter van MIH B.V., MIH Mauritius, MIH Beherend en onafhanklike nie-uitvoerende voorsitter van die direksie van Naspers. Hy is ’n voormalige voorsitter van Sanlam, M-Net en die WWF (SA). |
|
 |
 |
 |
| |
RACHEL JAFTA
Rachel Jafta is medeprofessor in ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch, en ’n direkteur van Econex. Prof Jafta is voorsitter van die Helen Suzman-stigting en ’n direksielid van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudings. Sy is ’n lid van Naspers se oudit-en-risikobestuurskomitee, voorsitter van Media24 se oudit-en-risikobestuurskomitee en sy dien in Media24 se direksie. Sy is voorsitter van die Rachel’s Angelsbemagtigingsprojek. |
 |
|
 |
 |
 |
 |
 |
|
KOOS BEKKER
Koos Bekker het die span gelei wat M-Net in 1985 gestig het en was daarna tot 1997 uitvoerende hoof van die MIH-groep. Hy was ook ’n stigtersdirekteur van MTN. Hy is ’n direkteur van Media24, MIH B.V., MIH Mauritius, MIH Beherend, MultiChoice Suid-Afrika Beherend en ander maatskappye binne die breër groep. Hy dien ook in die plaaslike reëlingskomitee vir die 2010 Fifa Wêreldbeker-sokkertoernooi, en die raad van die Universiteit Stellenbosch. Hy is sedert 1997 uitvoerende hoof van Naspers. Hy is op
1 April 2008 weer in die direksie aangestel ná ‘n sabbatsvakansie van een jaar. |
|
|
 |
 |
 |
| |
STEVE PACAK
Steve Pacak het reeds in 1988 by die groep aangesluit en is ’n direkteur van MIH B.V.,
MIH Mauritius, MIH Beherend, MultiChoice Suid-Afrika Beherend, Media24 en ander maatskappye binne die breër groep. Hy is sedert 1998 ’n uitvoerende direkteur van Naspers. |
 |
|
 |
 |
 |
 |
|
FRED PHASWANA
Fred Phaswana is voorsitter van Transnet, Ethos, Anglo American Suid-Afrika, Anglo Platinum Beperk en ’n direkteur van Anglo American plc. Hy is ook voorsitter van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Internasionale Aangeleenthede. |
|
 |
 |
 |
| |
BEN VAN DER ROSS
Ben van der Ross is voorsitter van RMB Batebestuur (Eiendoms) Beperk. Hy dien ook op die direksies van die maatskappye Momentum Lewens, FirstRand, Pick ‘n Pay Stores Beperk en Lewis Stores Beperk. |
 |
|
| |
|
|
|