OORSIG
'n Aantal nuwe beleggings soos Tradus en Gadu-Gadu is vir die eerste keer
by ons finansiële resultate ingesluit. Ons het ook sekere bedrywighede van
die hand gesit. Die privateonderwys-onderneming, Educor, is as 'n lopende
saak verkoop. Voorwaardelike verkoopooreenkomste is ook met ForthNet
SA, 'n toonaangewende Griekse telekommunikasiemaatskappy, aangegaan
om die Griekse en Cipriese betaaltelevisiebesigheid (NetMed) van die hand
te sit. Koopaanbiedinge vir die konnektiwiteitsonderneming, MWEB, is
aangevra en word tans geëvalueer.

Finansiële prestasie van die afgelope jaar word in die finansiële oorsig . Opsommenderwys het omset met
19% tot R20,5 miljard geklim, grootliks danksy die bydrae van die betaaltelevisie-
en internetondernemings. Bedryfswins voor amortisasie en ander
winste/verliese het met 15% gestyg, ondanks die toename in ontwikkelingskoste.
Gedurende die jaar het kernwesensverdienste met 38% gestyg, en
kernwesensverdienste per N- gewone aandeel met 16% tot R11,16. |